Die eienskappe van ’n suksevolle besigheidseienaar

Agter elke suksesvolle besigheid… Staan ‘n besigheidseienaar wat sy storie ken. Dit is maar min dat ‘n besigheid sal goed doen sonder dat die stuurman aan boord die een is wat dit in die regte rigting gestuur het.

En ja, baie mense word gebore met natuurlike leierseienskappe en sommige weet net hoe om dinge reg te doen. Dit beteken egter nie dat slegs hulle goeie besigheideienaars kan wees nie.

Baie aspekte van ‘n suksesverhaal is aan niks aanders te danke as ure se harde werk, navorsing en opoffering nie. ‘n Goeie besigheidseienaar is dus een wat bereid is om die werk te doen om een te wees. Daar is veral 2 basiese aspekte wat die bestes laat uitstaan bo die res:


Suksesvolle besigheidseienaars stel ’n voorbeeld.

As eienaar is jy basies die “gesig” of “handelsmerk” van die besigheid.

Die Engelse gesegde stel dit goed: Living the Brand.

‘n Suksesvolle eienaar is een wat nie dink sy betrokkenheid stop by bevele gee en uitvoerende besluite maak nie.

Dit is iemand wat daar is wanneer die opdragte uitgevoer is; en die ure insit om dit deur te sien. Iemand wat byderhand is as dinge skeefloop; en pa staan vir foute.

Voort is dit belangrik dat jou dade en woorde ooreen stem. Dit help nie die eienaar sê byvoorbeeld vir al die ander “rook op kantoor is ontoelaatbaar”, maar doen dit self “omdat ek die eienaar is” nie.

‘n Goeie bestuurder is betroubaar en kom sy of haar woord na.

Selfs wanneer dinge dalk nie so goed gaan nie; sal ‘n goeie bestuurder positief bly en nie sy of haar bekommernisse oordra aan ander nie, veral nie die werknemers omdat dit die moral van werkers kan striem.

Dit is iemand wat kalm kan bly onder druk en nie “ontplof” en sy/haar frustrasies uithaal op ander wanneer dinge skeefloop nie.


Suksesvolle besigheidseienaars belê in hul grootste bate: Mense

Besighede wat deur slegs een persoon besit en bestuur word; is by verre in die minderheid. Al is dit skaars ‘n handjievol personeel (hetsy tydelik of permanent); is die meeste in ‘n mate afhanklik van mense om sekere basiese take te vervul.

 

‘n Suksesvolle besigheidseienaar weet die mense wat hy/sy in diens neem; is kardinaal om die sukses daarvan te verseker.

Gelukkige werknemers is positief en by verre meer produktief.

Om te verseker dat hulle positief oor die besigheid is, stel ‘n werkgewer hul belange voorop. Dit gaan nie net oor rand en sent nie. ‘n Suksesvolle eienaars gee verhogings waar dit mense toekom – selfs soms meer as bloot wat vereis word; veral as die betrokke persoon die werk ingesit het. Wanneer ‘n werknemer goed presteer, erken dit.

Hy/Sy besef ook werkers is nie robotte nie – hulle werk is ‘n manier om geld te maak, nie die middelpunt van hul bestaan nie. Hulle het tuis ook geliefdes, ouers en gesinne wat vir hulle belangrik is. En soms gaan dit moeilik by die huis – iets wat ‘n goeie werkgewer in ag neem.

‘n Goeie werkgewer skep vir hulle geleentheid om te groei, hou kommunikasiekanale oop en gee erkenning vir goeie werk.

En laastens – al is ‘n goeie besigheidseienaar ernstig oor sy/haar werk en die sukses daarvan, besef so iemand dat ‘n tikkie humor soms die wêreld se verskil kan maak.