Hoe om die Internet te gebruik om te soek vir spesifieke inligting

Die Internet het 'n omwenteling veroorsaak in byna alle nywerhede en gepaardgaande met tegnologie, het die benadering wat mense teenoor die soek van inligting het, verbeter en verander. Weg is die dae van ure lank in 'n biblioteek soek of deur talle argiewe te gaan net om daardie spesifieke stukkie inligting wat jy soek te vind. Die internet is eintlik 'n sentrum van inligting wat iemand kan gebruik om te soek vir spesifieke inligting. Maar, baie min mense is bewus van 'n paar eenvoudige truuks wat gebruik kan word om hul soektog nog makliker te maak.

Voorbeelde van die groot soekenjins

Google is waarskynlik die grootste en mees gebruikte soek enjin in die wêreld. Die enorme hoeveelheid inligting wat dit bevat in sy databasisse verseker resultate op elke soektog.

Yahoo is in die vierde gewildste posisie in die wêreld (volgens sy Alexa.com posisie) en is 'n goeie mededinger vir Google. Yahoo is geneig om meer gelokaliseerde inligting te bevat as jou basis nie in die VSA of die Verenigde Koninkryk is nie. Yahoo Suid-Afrika is 'n groot bron van inligting vir enige Suid-Afrikaner wat soek vir inligting wat spesifiek vir hierdie land bedoel is.

Wikipedia is meer soos 'n aanlyn ensiklopedie. As daar 'n woord, frase, persoon of ding is wat uitgeklaar of gedefinieer moet word, is hierdie bron van onskatbare waarde.

Hoe om te soek met behulp van sleutelwoorde

Dit is belangrik om die noodsaaklikheid van die gebruik van sleutelwoorde om inligting op die internet te kry, te verstaan en om hierdie navraag beginsel in die praktyk toe te pas ten einde die verwagte, akkurate resultate uit 'n soektog voort te bring.

Moenie lang sinne in die soekenjins intik nie aangesien dit dan geneig is om die resultate van elke woord wat jy getik het, in te bring. Deur die gebruik van spesifieke kort sinne of soekterme, sal jou resultate presies wees waarvoor jy gesoek het.

Wees spesifiek en tik presies in wat jy nodig het om te weet. Soekenjins kan gelaai word met 'n enorme geheue van inligting . Jy wil nie “byna die regte inligting” he nie. Inligting soortgelyk aan jou versoek, kan dalk op die tweede of derde bladsy van die resultate weggesteek word.

Google soekwenke

Elke soektog gebruik 'n paar kortpaaie om inligting te vind. As jy hierdie truuks ken, kan 'n hele klomp van jou soektogte makliker gemaak word. Hier volg 'n paar voorbeelde:
  • Vir die plaaslike tyd in enige stad in die wêreld tik in: time Johannesburg of time Barcelona
  • Vir definisies van woorde of terme tik: define gooseberry of define Shakespeare
  • Vir omsettingsfaktore tik in: kg pound, of km mile, of acre square foot
  • Vir wisselkoerse tik in: ZAR USD of GBP ZAR
  • Vir spesifieke woorde in 'n spesifieke volgorde tik in: "al die woorde wat jy wil"
  • Vir huidige weerstoestande in enige stad in die wêreld tik in: weather Johannesburg of weather New York City
  • Vir wiskundige berekeninge tik in: 2+5 of 5/10 of 7*90
  • Om toegang te kry tot 'n webwerf verban deur jou maatskappy se “firewall” tik in: cache:websitename.co.za
  • Vir 'n vlug se status tik in: SAA flight 2789 of Iberia flight 478
  • Vir verwante webtuistes tik in: related:www.wikipedia.org
  • Vir films wat wys in jou area tik in: movie Roodepoort
Daar is baie van hierdie tips beskikbaar om 'n mens se lewe makliker te maak. Deur bewus te wees daarvan en op die uitkyk te bly vir meer, sal jy hul stadig uit jou kop leer ken en in staat wees om hul deel te maak van jou daaglike soekpatrone.

Alle soek enjins het nie geskikte en gebruikersvriendelike metodes om dit maklik te maak om vir die nodige inligting te soek nie. Dit is dus baie nuttig om op die mees akkurate metode te soek, sodat die inligting wat jy terugkry, presies in jou behoeftes voorsien.