Hoe om ‘n webtuiste te huur

‘n Webtuiste is ‘n blaai of blaaie wat aan jou toegestaan word om jou besigheid of blog op te doen, te beskryf en te adverteer.


Stappe om 'n webwerf te huur

1. Koop ‘n naam. Besluit op ‘n naam vir jou webwerf en doen navrae of dit beskikbaar is by ‘n domein verkoper/verhuurder. Daar is baie pleknaam verhuurders, so u kan by verskeie aansoek doen om vas te stel of u keuse beskikbaar is en wat die koste daaraan verbonde sal wees. Besluit wat die beste keuse vir u besigheid of persoonlike webblad sal wees. Hierdie naam is nie vir altyd te huur of te koop nie. Dis slegs vir ‘n bepaalde tydperk beskikbaar en jy betaal vir een jaar, twee jaar, vyf jaar of selfs 10 jaar se gebruik van die domein naam.

2. Bepaal in die fynste besonderhede wat jy benodig. Jy mag een stabiele bladsy benodig waar jy jou produkte adverteer en miskien een keer in drie maande die pryse opdateer. Of jy mag tien blaaie benodig en dit nodig vind om self die pryse wat jy adverteer daagliks of weekliks te verander soos die mark verander.

3. Besluit oor onderhoud. Dit mag vir jou noodsaaklik wees dat jy self die bladsy onderhou of dat die webwerf verhuurder die bladsy onderhou.

4. Doen navorsing oor webwerf ruimte. Gaan na die verskillende soekenjins toe en doen navorsing oor wie webwerwe verhuur. Gaan nou na die verskillende webwerf verhuurders en doen navrae na aanleiding van wat jy benodig. Vergelyk die pryse, termyne, aantal bladsye en tariewe volgens die verkeer op jou bladsy.

5. Doen navraag by die verhurings maatskappy oor wie gaan die webwerf bou en die koste daaraan verbonde. Doen ook navorsing op die soekenjins oor die verskillende ondernemings wat beskikbaar is en kan help om u webwerf te bou.

6. Sluit die kontrak om die webwerf te huur. Moenie dadelik die kontrak aanvaar en teken nie. Gaan al die voorwaardes noukeurig deur, dus lees die fynskrif. Maak seker dat u al die klousules regtig verstaan. As dit nie vir u duidelik is nie, raadpleeg u prokureur om dit te ontleed en deur te gaan namens u. Alleenlik wanneer u met alles tevrede is kan u die kontrak aanvaar en teken.


Voordele van die huur van ‘n webwerf:

  • Wanneer ‘n mens op ‘n begroting werk en nie links en regs geld kan uitgee nie, maar wel die voordeel van ‘n eie webwerf wil geniet is dit die ideale manier om ‘n webwerf te huur wat wel aan die vereistes voldoen wat jy benodig vir jou besigheid.
  • Uitgawes aan ‘n webwerf sal aansienlik besnoei word deur die webwerf self te onderhou.
  • Daar kan van die beste webwerf gashere (hosts) gebruik gemaak word, maak seker jy kry iemand wat na jou behoeftes sal omsien.
  • ‘n Mens sal ‘n baie beter diensleweringskontrak kan bekom ( service level agreement). Dit is wanneer die web gasheer kan waarborg hoeveel uur in ‘n dag die webwerf aanlyn beskikbaar sal wees. By goedkoper maatskappye sal ‘n mens miskien net ‘n paar uur per dag aanlyn wees.

Dit is dus die moeite werd om volledig navorsing te doen voor ‘n mens ‘n webtuiste huurkontrak aangaan.