Hoekom moet ‘n besigheid adverteer?

Die uitsluitlike doel van ‘n besgheid is om produkte en dienste te verkoop om wins te verdien. Reklame help ‘n besigheid om wins te maak deurdat meer mense weet van die produk of dienste, wat dus lei tot verkope.

Die verbruikers aan die ander kant sal niks van die produkte weet as dit nie geadverteer word nie. Advertensies help die verbruiker om besluite te neem oor watter produkte of diens hulle wil koop.

Hier volg ‘n lys redes waarom ons behoort te adverteer:
  • Almal weet nie wie jy is nie, maak nie saak hoe lank die besigheid al bestaan nie. Mense trek gedurig en nuwe mense beweeg in die area in. Dus moet die besigheid telkens weer bekend gestel word.
  • Jou mededingers adverteer. Daar is net soveel potensiele kliente daar buite wat op die uitkyk is vir jou soort produk en dalk het hulle net jou mededinger se advertensie gesien. Net soos daar minder kopers in die ekonomie is, is daar ook minder geld beskikbaar om te koop. Hou dus jou advertensie voor hulle al die tyd sodat hulle jou produk wil koop.
  • Skep verkeer. Deurlopende verkeer in jou besigheid is die eerste stap tot verhoogde verkope en ‘n uitgebreide klientebasis. Hoe meer klante jou winkel binne kom hoe beter is die kans van verkope en ‘n verwysing.
  • Almal wil nie juis nou jou produk koop nie. Deur jou advertensie gedurig onder hulle neuse te hou sal die kant dadelik jou produk koop wanneer hy gereed is om toe te tree tot die mark sal jou advertensie die iets wees wat die verbruiker oortuig om jou produk aan te koop.
  • Laat die publiek weet die besigheid bestaan nog en die produkte is nog steeds beskikbaar. Baie van hulle is so lojaal en sal dan altyd weer terugkom na die ou verskaffer.
  • Versterk jou beeld. Dit is baie goed om klante te verseker van jou goeie diens in die verlede sodat hulle weer kan terugkom na jou toe.
  • Omskep begeertes in behoeftes. As ons dink aan die uiters duur selfone weet ons dat dit feitlik onmoontlik klink in vandag se ekonomie dat ouers vir elkeen van hulle kinders so ‘n foon koop omdat hulle verniet met mekaar kan sms. Die maatskappy maak sy wins dubbeld en dwars by die verkope van die uiters duur foon omdat hulle die kopers oortuig het hulle begeertes is einlik nou behoeftes. Diegene wat dit nog nie gekoop het nie wag net hulle kans af, want hoe kan iemand sonder dit leef.
  • Trek verkeer. Elke besigheid het produkte wat moet verkoop. Die aangewese metode is om deur advertensies die klante in die winkel te kry en dat die voordeel van die aankope te geniet. Dit kan gedoen word deur afslag op ‘n produk. Jou advertensie moet die moontlike klante net nuuskierig genoeg maak om te kom inloer in die winkel.
  • Spaar tyd en energie. Mense doen ondersoek voordat hulle besluit om te koop. Meeste mense glo advertensie bespaar hulle tyd en energie. As hulle herhaaldelik aan jou boodskap blootgestel is sal dit hulle help om vinniger die besluite te neem en aankope te doen.
Henry Ford het gese die man wat ophou adverteer om geld te spaar, is soos die man wat die oorlosie stop om tyd te bespaar.