Vervaardig Grafstene

Die grafsteen hou beduidende waarde in vir die mense wat agter bly na die afsterwe van een van hulle familielede. Dus is dit belangrik om die regte keuse uit te voer wanneer dit kom by die soek van die regte grafsteen. ‘n Grafsteen moet van so aard wees dat die inskrywings ook langer sal hou. Die vertoning moet appèl in hê. Na alles gesê en gedoen is, is dit tog die gedenksteen vir iemand wat nie meer is nie.

Grafsteen Kursus in Randfontein, JHB.
Kursus Datums: 4 - 5 November 2019.
Kursus Prys: R6000.
KLIEK HIER ON AANSOEK TE DOEN. 

Weerstand

Die weer weerstand moet ook baie goed wees. Dus moet die grafsteen van ‘n tipe material gemaak word wat wind en weer kan weerstaan. Graniet is hier oor die algemeen die verkose materiaal.


Doel

‘n Grafsteen se doel is om die oorledene te identifiseer. Waneer mens iemand aan die dood afstaan, is dit nooit maklik nie. ‘n Begraafplaas maak dit vir ons moontlik om sluiting op die saak te kry. Grafstene help ook in die saak en dien as ‘n middel vir die agter geblewenes om erkenning te gee aan die oorledene.


Belangrikheid

Om die belangrikheid van grafstene te verstaan, kan ons na die veteraan monument kyk. Oor die algemeen het die grafsteen die oorledene se naam en iets besonders soos ‘n gesegde daarop gegraveer. Die grafsteen gedenkteken was opgerig ter ere van die soldate wat hulle lewens verloor het in die Viëtnamese oorlog en sodoende het die grafstene ontstaan.


Tipes grafstene

Daar is natuurlik verskillende tipes grafstene en die eind resultaat hang grootliks van die familie se keuse af:

  • Daar is die standaard tipe wat eenvoudig uit ‘n regop tablet en graniet basis bestaan.
  • Dan kry jy die inslag grafsteen wat soos ‘n wig met ‘n smal opwaarts soom gevorm is. Plat grafmerkers word oor die algemeen van graniet en marmer gemaak. Dit maak dit bekostigbaar vir die meeste mense as gevolg van sy klein grootte.
  • Dan kry jy ook plat brons merkers. Hierdie bestaan uit ‘n brons gedenk plaat op ‘n graniet basis gemonteer. Hierdie tipe gedenksteen word oor die algemeen gesien in herdenkings parke.


Soorte materiaal

Alhoewel daar op die mark verskillende tipes materiale beskikbaar is vir die vervaardiging van grafstene, sal dit wys wees om bietjie meer navorsing te doen oor die tipes materiale.

Soos byvoorbeeld:

  • ‘n Portland grafsteen sal nie ‘n goeie keuse wees nie omdat die tipe steen vinnig met mos oortrek sal word as gevolg van nat weer.
  • Leiklip is oor die algemeen die beste keuse omdat dit ‘n nie-poreuse material is en enige iets wat op dit groei kan net af gevee word. Hoe dit ookal sy enige tipe material wat gebruik word vir ‘n grafsteen moet versorg word.
  • Graniet is natuurlik die duursaamste, maar ook die duurste.

Om ‘n grafsteen te kies of aan te dink is die laaste ding op enige iemand se gedagtes, maar die oprigting van een speel ook ‘n belangrike rol in die rouproses. Dit help om uiting te gee aan emosies en die betekenis van daardie persoon in sy familie en vriende se lewe.

‘n Grafsteen is die plek waarheen die familie kan terugkeer om met ‘n bos blomme eer aan die oorledene te bring en troos te vind in tye van hartseer en alleenheid.

Doen aansoek vir die Grafsteen Kursus in Randfontein HIER.