Vervaardiging van Parfuum

Leer hoe om parfuum te maak en begin jou eie parfuum besigheid. Alles is moeilik indien mens nie weet hoe om iets te maak of te doen nie. Ons Parfuum kursus wys jou presies hoe om parfuum in die moderne wereld te maak. Inteendeel, wanneer jy die kursus bywoon, leer jy gou hoe om parfuum te maak, perfuum te verkoop, jou parfuum besigheid te begin, jou besigheid te registreer en waar om die parfuum bottels en al die ander rou material aan te koop om parfuum te maak. 

Parfuum Kursusse in Randfontein, JHB.
Kursus Datums: 9 November OF 14 Desember 2019.
Kursus Prys: R5300.
KLIEK HIER OM AANSOEK TE DOEN. 


Vrou met parfuum bottelParfuum word tradisioneel gemaak om gebruik te word op die vel. Nie almal se vel ruik dieselfde nadat parfuum aangewend is nie. Elke parfuum wat aangespuit word op ‘n persoon reageer anders en het ‘n verskillende uitwerking en reuk op verskillende velle. Daarom is dit gewoonte dat mans en dames die parfuum wat hulle wil koop eers op hulle vel toets voordat hul die parfuum aankoop. So word seker gemaak dat die draer van die parfuum hou van die parfuum se geur op die vel.
 
Parfuum het so gesog geword dat meeste mans en dames deesdae parfuum gebruik. Parfuum het dus ‘n produk geword wat gereeld aangekoop word. Mans koop gedurig vir geliefdes parfuum en dit gebeur ook dat dames vir hulself  parfuum koop wat pas by verskillende klere of okasies.
 
Vir bogenoemde redes en die feit dat parfuum vir mans en vroue gereeld adverteer word op die TV en ander bemarkingskanale, het parfuum baie gewild geword en word parfuum daagliks iewers in Suid Afrika, en inteendeel, die hele wereld verkoop. Parfuum word daagliks aangekoop omdat dit gesien word as ‘n status simbool. Niemand is verkeerd wanneer beweer word dat ‘n parfuum besigheid ‘n goeie inkomste genereer nie. 
 
Geen ingewikkelde masjienerie wat baie geldParfuum Bottels kos word benodig nie, en die parfuum kan tuis gemaak word. Die parfuum kan verkoop word deur agente te werf wat jou produk verkoop. Daar is baie mense wat smag na ‘n eie besigheid omdat hulle nie ‘n inkomte het nie en nie werk kry nie. Baie van hierdie mense is gewillig om hard te werk. Omdat parfuum gewild is, verkoop dit maklik.

Baie min mense weet hoe om parfuum te maak, dus sal die persoon gereeld by jou, die vervaardiger van die parfuum, moet aanklop vir nog produkte om te verkoop of gebruik.
 
Natuurlik is daar baie ander maniere om die parfuum te verkoop en hierdie inligting sal gevind word in die handboek wat jy ontvang gedurende die parfuumkursus.

Ons lewe in ‘n wereld waar tegnologie elke dag die vervaardiging van produkte verbeter. Die rede hiervoor is die konstante aanvraag na nuwe of bestaande produkte wat mense begeer om te gebruik. Sonder tegnologie sou baie produkte, soos byvoorbeeld parfuum so duur gewees het dat dit onbekostigbaar sou word.
 
Nuwe tegnologiese uitvindings maak dit nou makliker, vinniger en meer koste effektief om produkte te vervaardig. Een so ‘n produk is parfuum. In die ou dae was dit ‘n vreeslkike uitgerekte proses wat soms meer as 3 jaar kon neem om parfuum te vervaardig. 
 
Die blomme moes geplant word, verwerk word, gepars word sonder die masjienerie wat vandag beskikbaar is en dit het dus lank geneem om parfuum te maak. 
 
Vandag koop mens hoogs gekonsentreerde Perfume bottles with gold backroundrou material aan, meng dit volgens spesifieke metodes en formules wat maklik verstaanbaar is en die eindproduk is die parfuum van jou keuse. Dit is geensins moeilik om te maak nie omdat al die rou produkte  maklik bekombaar is.

Baie mense wat hierdie tipe kursus aanbied verwag dat u die rou material en bottels by hulle aankoop. Die roumateriale word dan opgemerk met hulle profeit voordat die rou material aan u verskaf word en so betaal u meeer vir die rou material en bly dus afhanklik van die verskaffers. 
 
Ons glo daaraan dat ons kliente alle informasie wat nodig is om hulle besigheid te bedryf moet ontvang en dit sluit die rou material verskaffers in en daarom is ons kursusse duurder as ander kursusse. 
 
Ons verskaf al die besonderhede van die maatskappye om ALLES te koop wat u nodig het om u parfuum besigheid te begin.

Die koste van die aankoop van bottels en rou materiaal is ongeveer R3000 afhangende van hoeveel verskillende tipes parfuum u mee will begin.

Die Parfuum Kursus se koste is R5300.00 en u kry ook dieselfde handleiding as diegene wat nie die kursus bywoon. Met die kursus leer u fisies op die kursus hoe om die parfuum te maak.


Die kursus neem een dag om te voltooi. Ons begin stiptelik om 9 uur en sluit af om 3 uur.
U neem ‘n parfuum vir mans en een vir dames huis toe, sowel as ‘n Parfuum handleiding.

Doen aansoek vir die kursus in Randfontein HIER.