Vervaardig Huishoudelike Skoonmaakmiddels

50 Skoonmaakformules vir 50 verskillende skoonmaakmiddels 

Skoonmaakmiddels - ‘n Goeie Bekostigbare Besigheidsidee

Die vervaardiging van jou eie huishoudelike skoonmaakprodukte is ‘n uitstekende oplossing vir enige iemand wat hulle eie besigheid wil begin aangesien seep daagliks in elke huishouding oor die wêreld gebruik word. Dit is 'n produk wat 'n mens nie sonder kan klaar kom nie. As mens skoonmaakmiddels vervaardig betaal jy nooit weer buitensporige pryse vir skoonmaakmiddels nie.
Versagmiddel

 

Waar vind vervaardiging plaas?

Hierdie vevaardiging kan om mee te begin by 'n woonhuis plaasvind. Daar word net ‘n buitekamer benodig. Dit is dus baie gerieflik, maklik, vinnig om te begin en veral baie ekonomies.

Skoonmaakmiddels Kursusse in Randfontein, JHB.
Kursus Datums: 8 November OF 13 Desember 2019.
Kursus Prys: R6100.
KLIEK HIER OM AANSOEK TE DOEN. 

Ekonomies

Aangesien daar nie groot bedrae geld onmiddelik hoef uitbetaal te word nie, is dit regtig moontlik om in hierdie bedryf in stap met die minimum geld wat benodig word uit jou sak. Omdat daar van die huis af gewerk kan word spaar ‘n mens ook die kapitaal vir die aankoop of huur van ‘n fabriek of gebou. Wanneer jou besigheid uitbrei kan jy dit uitbrei na die garage, spaarkamer of ‘n nuwe Wendyhuis op die perseel oprig. Nog steeds bly dit baie goedkoop.


Voorraad

Omdat daar met die bestanddele wat gebruik word baie produkte vervaardig kan word en hulle feitlik dadelik in geld en winste omskep kan word, sal daar nie groot voorrade aangekoop hoef te word nie. Wanneer die produkte min word het die geld en winste reeds die besigheid ingestroom en kan dit gebruik word.


Die koste van die produkte om die skoonmaakmiddels te maak is verbasend goedkoop in verhouding tot die prys van die eindproduk. Die bestandele wat gebruik word in die vervaardiging proses is rerig goeddkoop. Wanneer jy jou produkte vervaardig sal jy ook leer om met verskillende kleure en reuke te eksperimenteer. Baie van die resepte vir die produkte bevat meer as 70 persent water, omdat die produkte wat jy aankoop gekonsentreerd is en dus die vervaardiging baie ekonomies maak.

Vloer Politoer
Teikenmark

Aangesien almal skoonmaakmiddels moet koop is jou mark eintlik enige iemand op enige plek. Hierdie mark sal nooit versadig raak nie en die groei-potensiaal is onbeperk.

Kom ons maak somme:

  • Veronderstel dat jy R500 per maand betaal vir skoonmaakmiddels in en om die huis. 
  • Oor 12 maande het jy R6000 spandeer aan allerlei skoonmaakmiddels. 
  • As jy oor 10 jaar R500 per maand betaal het jy dus vir 10 jaar R60 000 spandeer aan skoonmaakmiddels. 

Ruit Skoonmaker

Die goeie gehalte produkte wat vervaardig word sal gou bekendheid ververf. Soos jou produkte bekendheid verwerf en hul gewildheid toeneem sal mense ver ompaaie ry om die regte produkte by jul te kom aankoop. Hierdie kliente vertel weer vir hulle vriende en so vergroot jou mark al die tyd.



Werksure

Aangesien daar van die huis af gewerk word kan daar op jou eie ure van verkope besluit word. Daar kan ook besluit word dat die winkel amper altyd oop is, maar dan is verskillende lede van die familie verskillende dae aan diens en so kry almal hulle aftye. Die publiek is dan ook gewoonlik baie gelukkig, want as hulle van ver af kom kan hulle nogtans die winkel oop aantref.

Lug Verfriser
Kreatiwiteit

Jy kan jou eie unieke logo’s, ontwerpe en woorde op jou bottels gebruik en sodoende jou eie handelsmerk skep. Daar hoef ook nie groot uitleg daarvoor plaas te vind nie. Dit kan sommer na eksperimentering op die rekenaar vervaardig word.



Vervaardiging van seep reiningingspreperate vir huis en persoonlike gebruik.

Kliek Hier om Aansoek te doen vir die Skoonmaakmiddels Kursus.