Bemarking - Hoe verkoop mens produkte op die internet?

Bemarking behels die advertering van spesifieke produke, die vind van ‘n moontlike koper, die onderhandeling oor die voorwaardes, die prys van die produk en die uiteindelike verkoopstransaksie.


Doel van bemarking

Gedurende die bemarkingsproses word handelsmerk bewustheid doelbewus geskep, want dit is belangrik vir toekomstige onderhandelinge by soveel as moontlik mense in die teiken mark.

Die basiese doelwit van bemarking is finansieel, met ander woorde om verkope nou en in die toekoms te genereer sodat die winsgrens so hoog as moontlik opgeskuif word.


Internet bemarking

Bemarking geskied nou nie meer net deur die media, uithangborde, koerante en tydskrifte nie, maar dit het uitgebrei na bemarking op die internet. Deesdae word die internet as bemarkingskanaal so algemeen wyd en suid gebruik dat dit vir baie ondernemings die grootste verkoop metode geword het.  Om hierdie rede is 'n webwerf die grootste vereiste vir enige besigheid.  Sonder 'n goeie webwerf verloor besighede elke dag geld.


Daar is verskillende vorme van aanlyn bemarking:

  • Vertoon advertensies
  • Geaffilieerde bemarking
  • Blog bemarking
  • Kleindruk advertensies

As jy jou produkte op die internet wil verkoop is daar baie metodes om te werk te gaan om dit effektief te doen teen geen of minimale koste:

  • Eerstens word daar aanbeveel dat jy gebruik maak van al die aanlyn geklassifiseerde webtuistes op die internet. Jy sal talle van hierdie ondernemings vind deur middel van Google Search. Hier is dit kosteloos om te adverteer en jy kan op een of almal van hulle jou advertensie plaas.

Jy sal vra dat hulle jou advertensie in die betrokke kategoriee volgens die produkte wat jy wil verkoop, plaas. Dit word aanbeveel dat jy foto’s neem van al die produkte, want navorsing het bewys dat advertensies met die beelde van die produkte is baie meer suksesvol as die sonder enige foto’s.

  • Jy kan ook van die aanlyn veiling webwerwe gebruik maak om jou produk te adverteer. Hierdie webtuistes is baie gewild en word deur duisende mense reg oor die wereld daagliks besoek. Jy kan ook ‘n minimum reserweprys noem waaronder jy nie sal verkoop nie.
  • As jy avontuurlustig voel kan jy jou eie aanlynwinkel opstel op die internet en dan van die internet bemarkings tegnieke gebruik om verkeer na jou webtuiste te genereer.   Hier kan ons help.
  • Sosiale netwerke soos Facebook en Twitter is nog ‘n uitstekende manier om van jou produkte aanlyn te verkoop, want jy sal regtig onder die aandag van duisende mense op die manier kom.
  • As jy baie vindingryk is kan jy selfs komissie aanbied aan jou aanlyn netwerk kontakte as hulle een van hulle vriende na jou webwerf verwys en daar ‘n verkoopstransaksie plaasvind.  Daar is talle aanlyn bemarkers wat jou produkte op hulle webwerf volledig sal adverteer en dan net ‘n skakel na jou webtuiste daarop verskaf. Hulle verdien dan komissie vir elke keer wat iemand op die skakel klik en jou webwerf besoek.
  • Jy kan selfs studente en ander mense wat graag ‘n ekstra inkomste wil verdien in diens neem om op hulle blogs na jou produkte met die skakels in te verwys.

Mens het regtig geen verskoning as jy nie genoegsame blootstelling aan jou produkte op die internet kry nie en teen so ‘n minimale koste.