Wat is 'n bekostigbare besigheid?

Die begrip bekostigbaar verskil van persoon tot persoon. Die feit van die saak is dat alles relatief is en dat elke persoon dus ‘n ander idée van wat ‘bekostigbaar’ vir hom beteken.  Alles in ag geneem is daar tog ‘n paar algemene faktore wat een besigheid meer bekostigbaar as ‘n ander een sal maak:

  • Die mees bekostigbare besigheid om te begin is die een wat nie hoë kostes het om te begin nie, nie ‘n klomp personeel aanvanklik vereis nie, waar nie groot beleggings of lenings nodig is nie en daar dus geen finansiele dobbelspel is nie.
  • ‘n Bekostigbare besigheid mag aanvanklik lyk of dit nie genoeg winste inbring in teenstelling met ‘n besigheid waar daar aanvanklik baie kapitaal vereis word, maar in werklikheid moet die winste eers gebruik word om die rente op die uitgawes te vergoed voordat daar sprake is van werklike winste. Studies het getoon dat groot beleggings in nuwe besighede geen waarborg is dat dit ‘n groter sukses sal wees as die klein besigheid wat met beperkte kapitaal begin is nie.
  • ‘n Bekostigbare besigheid moet verkieslik met net een persoon begin, met ander woorde die besigheid wat jy alleen begin en vir alles verantwoording moet neem. ‘n voorbeels van ‘n bekostigbare besigheid is wanneer jy talentvol is of ervaring het van houtwerk. Deur gebruik te maak van hierdie vaardigheid kan jy begin om jou eie besigheid op te bou met die minimum van kapitaal wat bele moet word aan die begin, dus ‘n bekostigbare besigheid. As daar met so ‘n besigheid met die minimum begin uitgawes begin word, minimaliseer jy al die finansiele risiko’s wat met ‘n gewone besigheid gepaard gaan.


Daar bestaan baie van hierdie soort bekostigbare besighede:

  • Dink maar aan die maak van parfuum wat tussen vriende, kollegas en familie verkoop kan word, sonder hoë uitgawes omdat jy parfuum deeltyds van die huis af kan maak.  Dit behels die minimum uitgawes, wat dit ‘n uiters bekostigbare besigheid maak.
  • Vir die person wat hou van houtwerk en alreeds al die gereedskap het kan die maak van kiste voordelig en finansieel aantreklik wees. Jy kan klein begin, miskien in jou spaar tyd en soos die aanvraag vergroot en die winste inkom kan die besigheid uitgebrei word.
  •  ‘n Ander voorbeeld is om  seep en skoonmaakmiddels te vervaardig en aan die plaaslike inwoners aanvanklik te verkoop totdat daar winste inkom. Daarna kan die besigheid uitgebrei word vanaf die buitekamer, wat niks kos nie tot die motorhuis en later ook ‘n slaapkamer as die besigheid vergroot.
  • Nog ‘n voorbeeld van ‘n bekostibare besigheid is die maak van kompos deur die herwinning en gebruikmaking van oorskiet afkomstig uit die huis.
  • As jy baie kreatief is kan jy begin om gietvorms te maak vir die giet van seep, kerse, en allerlei beeldtjies, ornamente en selfs items soos potplant houers en dies meer te vervaardig. Daar hoef nie enige kapitaaluitleg te wees nie, want daar kan ‘n deposito gevra word wat die onkostes sal dek.
  • Dit beteken dat wanneer ‘n mens beplan om ‘n bekostigbare besigheid te begin moet ‘n mens noukeurig jou eie vaardighede ontleed en besluit hoe jy dit kan gebruik sonder om hope geld uit te lê.
  • Neem gerus u tyd en lees al die items op hierdie webwerf noukeurig.  Ek is seker dat u die bekostigbare winsgewende besigheid wat u sal pas, op hierdie webwerf sal vind.