Werk Tuis

Om van die huis af te kan werk, is nie sonder rede talle mense se droom nie.  Jy verdien steeds geld; maar sonder die stres van verkeer; ongeskikte kollegas en ‘n peperduur kantien waarvoor jy moet opdok.
 
Hoewel nie vir almal beskore nie, is om van die huis af te werk dus ongetwyfeld iets wat die moeite werd is om te maak werk. Maar om dit te laat realiseer, verg navorsing, beplanning en deeglike kennis van die implikasies.

Waarom van die huis af werk?

Die voordele van tuiswerk is voor die hand liggend:
  • Jy spaar baie geld sonder die daaglikse onkonstes van verkeer, tolgelde, parkering, kos wat op kantoor gekoop moet word ensovoorts.
  • Jy sal, indien jy dit reg bestuur, ook ure se tyd kan bespaar. Sonder dat jy noodwendig elke oggend hoef te skarrel om jouself betaamlik vir werk te maak, die minute of selfs ure op die pad en die gerompslomp op kantoor; het jy tyd beskikbaar om te gebruik vir ander dinge – hetsy om dit terug te ploeg in jou werk; of net om ‘n kalmer leefstyl te hê.
  • Deur tuis te werk hoef jy nie gesinstyd op te offer vir jou werk nie. Met die nodige dissipline kan jy jou eggenoot of kinders gereeld sien; en steeds finansieël kop bo water jou.

 

Besighede wat geskik is vir mense wat tuis wil werk is:

  • Die maak van skoonmaakmiddels.
  • Maak van Kerse.
  • Vervaardiging van Badseep en Olies.
  • Die maak van Webwerwe vir jouself en kliënte.
  • Die maak van Gietvorms en
  • 'n Bloemiste kan ook van die huis af bedryf word.


Werk tuis: Vir wie is dit beskore?
 

Vir talle mense is dit noodsaaklik om in ‘n kantooromgewing te werk; kliënte daagliks te sien of ‘n werk te verrig wat slegs daar gedoen kan word. Dit is egter ook so dat talle mense daagliks agter ‘n lessenaar in ‘n kantoor sit; wat hul werk ewe maklik en dalk selfs meer effektief in die gemak van hul eie huis kon uitvoer.

Dit is belangrik om hier jou eie situasie te asseseer en oorweeg. Indien jy die nodige navorsing gedoen het en reken jy kan van die huis af werk; moet jy dit met jou werkgewer bespreek en die feite ter tafel lê.

Onderhandeling is belangrik – ‘n toetsperiode om te kyk hoe dit werk; kan dalk nodig wees.  Indien dit nie ‘n opsie is nie; maar jy vasbeslote is dat jy nie meer kantoorgebonde wil wees nie; kan jy opsies begin oorweeg vir wat jy wel tuis kan doen.

Die beste is om te kyk wat jou vorige werk was; en te bepaal of jy ‘n beroep in dieselfde rigting te probeer verseker.
 

Doen dit só

Hoewel grootliks positief, is dit ook ‘n uitdaging om van die huis af te werk.
Jy moet leer om baie self-dissipline toe te pas. Daar is nie die roetine van ‘n kantooromgewing nie en ook geen baas om seker te maak jy doen jou werk nie. Dit is belangrik om vir jouself vas te stel hoeveel werk jy per dag moet afhandel; en dan daarby te bly.

Dikwels werk jy vir jouself as jy tuis werk; wat ook beteken jy gee ‘n vaste inkomste prys. Om verantwoordelik met geld te werk en genoeg te spaar, is ‘n moet.  Maar indien reg benader een aangepak, kan tuis werk een van die mees lonende stappe wees wat jy in jou beroepslewe doen.